CombrinK Kronieke           Junie 2012
 
 


Dis alweer ‘n tydjie gelede sedert julle van ons gehoor het. Ons vra om verskoning... die lewe is hier ook maar besig soos daar by julle! Hier is ‘n paar punte vir danksegging en voorbidding:

Danksegging:

  1. BulletIn Maart het Hans weer in Miri saam met die Kenyah vertalingspan gewerk. Tydens hierdie besoek het ons ‘n proefkopie van Eksodus gedruk wat in Bybelstudiegroepe stelselmatig deurgelees en ook noukeurig deur ‘n groepie manne bestudeer gaan word.

  2. BulletIn April het vier taalgroepe in Sabah bymekaargekom vir ‘n week van konsultasie. Die Kenyah taalgroep is ook verteenwoordig deur Ps. Uchat en Mnr. Neilson. Ons het heelwat tyd gehad om saam te praat en te besin oor verskillende aspekte van die projek. Die volgende stap in die vertalingsproses is om illustrasies tot die Eksodus teks toe te voeg. Nadat ons die terugvoer van die verskillende leesgroepe verwerk het, sal ons die Eksodus teks gereed kry vir publikasie.

  3. BulletOns ondersteuningspan in die Wes-Kaap het gevoel dat hulle die situasie van ons twee ou voertuie (16 en 20 jaar oud onderskeidelik) wou aanspreek. Binne ‘n paar weke het hulle geld ingesamel om ons te help om ‘n nuwer (tweedehandse) primêre voertuig te kan koop. Ons is baie dankbaar vir hierdie praktiese bewys van julle liefde, sorg en ondersteuning!

  4. BulletAan die einde van Mei en begin Junie het Hans die voorreg gehad om deel te wees van SIL se internasionale konferensie (ICON12) en die gesamentlike vergadering met die Wycliffe Globale Alliansie (look!2012). Hans is weer verkies tot die SIL Raad vir ‘n tweede termyn van vier jaar.

  5. BulletOns kinders het nou 10 weke-lang “somer” vakansie. Ons is baie dankbaar vir hulle mooi prestasies op akademiese en leierskap gebied, asook in sport!

  6. BulletOns sien uit na die eerste familie besoek met kinders: Hans se suster Anna-Lucia, haar man Antony en hulle drie seuns kom volgende week vir ‘n rukkie kuier. Ons sien geweldig uit na hulle besoek!


Voorbidding:

  1. BulletPatricia, Lucia en Charlotte is op die oomblik in Kambodja vir ‘n paar dae op ‘n uitreik by ‘n weeshuis in Phnom Penh. Dit is die derde geleentheid vir Patricia en die tweede vir Lucia en Charlotte om die personeel en kinders in die weeshuis te ondersteun en te bemoedig. Patricia het laat weet dat sy ‘n maagongesteldheid opgedoen het, en waardeer julle gebede vir spoedige beterskap!

  2. BulletBid asseblief vir die laaste stappe in die proses om Eksodus gereed te kry vir publikasie!

  3. BulletBid dat ons ‘n geskikte nuwer (tweedehandse) voertuig sal vind wat in ons prysklas val en dat ons een van ons ou voertuie vir ‘n goeie prys kan verkoop.


Baie liefde van ons almal,

Hans, Patricia, Lucia, Charlotte, Danielle, Bernard en Anna-Sophia


Moet asseblief nie in die openbaar vertoon of op ’n web-blad plaas sonder ons toestemming nie.

Die Kenyah vertaler Ps. Uchat werk hier in die kantoor in Miri aan Eksodus!


Liewe vriende,

Ps. Uchat, sy vrou en twee lede van die Kenyah vertalingspan smul aan hulle eie pynappels terwyl ons ‘n breuk neem van die vertalingswerk!